Suid Afrika se mooiste vrouens. Dankie!
Julie 23, 2009
Dis nie altemit dat Suid Afrika darem dekselse mooi vrouens het nie. ‘n Kollega het gister vir my hierdie skakel van Marilize van Emmenis, Joost se skelmpie, gestuur. Nou het ‘n ou miskien ‘n bietjie meer simpatie vir Joost
Die website, South Africa’s models & celebrities, is vir my nou regtig ‘n oulike website. Die wies-wie van SA se mooi vrouens is daar – oud en jonk. Die website laai baie vinnig en die ontwerp is eenvoudig tog funksioneel. Die ontwerp is ook nie sleazy nie; m.a.w jy kan wegkom met ‘n loer sonder dat daar ongeskikte goed op jou skerm gebeur – heel veilig.
Een klein stukkie kritiek wat ek het is dat nie al die dames genoeg fotos op het nie, maar daar is meer as genoeg om op te maak hiervoor. Interessant ook dat die populêre mense op die site, Lee-Ann Liebenberg (model) en Tammy-Anne Fortuin (aanbieder van All Access en Roer) is. Wie sê ons is nie multi-culti in die land nie!
My persoonlike gunstelinge is Shashi Naidoo (Indiese mooinooi), Jenna Pietersen (hubba hubba!!) en Jean-Marie Neethling (Ryk se sexy sussie).
En die beste vir ons wat RSS gebruik – daar is ‘n Ubuhle Latest RSS feed met al die nuutste dames. Perfek!

Ummm….dankie.
Het g’n idiee wie Shashi Naidoo is nie, maar sy is baie mooi!