Waar is god dan nou?

Maart 12, 2010

Ek kom uit ‘n konserwatiewe huishouding uit. My pa was van ‘n diakin tot ‘n ouderling in ons NG kerk. Een van my Oupas was tot ‘n Dominee. Ekself is as ‘n Christen grootgemaak en al was ek nooit ‘n happy-clappy nie, sou ek sê ek was altyd pligsgetrou.

Maar ek moet eerlik wees en erken die laaste jaar of so wonder ek al hoe meer oor die goed. Daar is vrek baie goed – waaraan ek nooit voorheen gedink het nie – wat nou skielik nie meer 100% sin maak nie. Die hele ding het begin by ‘n gesprek wat ek met iemand gehad het oor evolusie. Ek het nog altyd gedink evolusie maak kompleet sin, enige ou kan dit met die bloote oog sien en tog is my dominee heeltemal gekant teen die beginsel. Sy argumente is so irrasioneel dat ek nou wonder oor al sy ander argumente ook. ‘n Mens aanvaar baie goed uit die bybel al weet ‘n mens in jou verstand dat baie van dit eenvoudig onmoontlik is. Noag se ark byvoorbeeld.

Ek sou nie sê ek glo nie meer aan God nie, maar daar is reuse, miskien onoorkombare, gapings in die Bybel en Christenskap oor die algemeen. En evolusie het nie daai gapings nie. Evolusie breedvoerig maak 100% sin. Hoe nou gemaak? Ek is nie lus vir sulke eksistensiële krisissise op hierdie ouderdom nie, maar ek wil regtig nie meer kerk toe gaan om na ‘n dominee – wat evolusie nie aanvaar nie – te luister nie.

My ander vrae kan die Bybel ook nie rêrig beantwoord nie. Waar is god as ou mense – goeie mense – wreed vermoor word op ons plase? Hoekom beskerm hy hulle nie? Waar is god as onskuldige kinders vermoor word? Dit kan nie ‘n welwillende god wees wat hierdie euwels toelaat nie. Tensy daar natuurlik nie ‘n god is nie en die mens self hierdie goed aanvang. Ek weet nie.

Ek was 6 weke laas in die kerk en dit terwyl my vrou en die res van die familie elke week gaan. Hulle weet iets is aan die gang, maar ek is nog nie reg om dit met hulle te bespreek nie.

2 Responses to “Waar is god dan nou?”

  1. Hans Matthysen said

    Die Bybel, volgens wat ek verstaan, gaan nie oor die ontstaan van die heelal en bots dus nie met die Wetenskap nie. God, deur Sy knegte, gee vir ons boodskappe deur vergelykenisse (sinnebeelde). Die stories in die Ou Testament is dus sinnebeelde.
    (Gal 4:24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar;
    Gal 4:25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.)
    Ek is ‘n gelowige en ek ondersteun evolusie.

  2. Wonder nie meer nie said

    Besoek gerus die vlg blog:

    http://www.nathanbond.wordpress.com/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.