Middeljarige Seksdrome

Maart 6, 2009

Om aan te sluit by my 1ste post. Gisteraand droom ek dat ek my hoërskool crush opseks in ‘n swembad. Ek het haar 20 jaar laas gesien en ek het nou-en-dan kontak met haar op Facebook; sy is nie rêrig in my daaglikse gedagtes nie. Ek moet egter erken sy is donders sexy – ek wens sy wil meer bikini fotos op Facebook sit.

Hoekom, so uit die bloute, sou ek van DIE girl droom. Miskien verlang ek terug na die onskuldigheid van my skooljare. Ek was moerse skaam op skool en ek het nie ge-feature as dit by meisies kom nie. Die spesifieke meisie was baie sexy en baie stout. Ons was baie goeie pêls. Maar ek wou haar net bykom en ek dink sy het my meer gesien as ‘n maatjie. Ek wil dit nie eintlik sê nie, maar amper soos wat meisies met gay mans uithang.

Ek wonder wat sou Freud gedink het.