Middeljarige jagsgeid

Februarie 26, 2009

Ek is 38 jaar oud. Ek is gelukkig getroud met 2 kinders en my vrou is verwagtend met ‘n beplande 3rde kind. Met my loopbaan gaan dit klopdisselboom. Ek is verlede jaar aangestel in ‘n senior pos in een van die groter maatskappye in Suid-Afrika. Ek het ‘n huis, ‘n strandhuis, twee motors, ‘n boot en ‘n motorfiets. Ja ek het skuld (wie het nie?), maar dis geensins ‘n probleem nie.

Meeste mense sou sê ek het (relatief) alles wat ek wou hê. Maar dit is nie so nie. Ek smag na ander vrouens. My sekretaresse, my kollegas, my buurvrou, my vriende se vrouens, my broer se woonstelmaat, vrouens op die TV, vrouens in die verkeer. Wit vroue, Kleurling vroue, Indiër vroue (nog nie swart nie :)), ouer vroue, jonger vroue. Britney, Kate, Sashi, Minki, Jen. You name it; I want it. Ek wil hulle vat en opseks. Ek wil hulle my kantoor in neem, hulle op die vloer laat sit en… wel ja. As my kollega haar tight ass “per ongeluk” teen my skuur is ek in my moer in vir twee ure. Sy weet presies wat sy doen.

Om dinge nog moeiliker te maak: ek is aantreklik. Ek sê dit nie om my eie beul te blaas nie – dis net een van daai dinge. En ek weet vir ‘n feit meeste van die vroue wat ek wil nail voel ‘n twitch of twee vir die ou drol. Van hulle flirt selfs openlik met my. Ek hou daarvan om te flirt, maar dit maak my net nog jagser en my vrou haat dit en ek wil haar nie seermaak nie.

Ek het regtig egtig ‘n moerse moerse probleem. Ek het nog nooit my vrou (vir wie ek regtig lief is en wie ek respekteer en admireer) verneuk nie. Maar ek weet nie hoe ek moet maak nie. Ek het al porn probeer, maar die valsheid van porn sit my af. Ek soek seks by iemand wat nie my vrou is nie!

Wat o wat kan ek doen? Am I alone?